Swartbord
Home
About Us
News
Bowhunting Tips
Hunting at Ganspan
  The Team
  The Hides
  Our Species
  Shot Placement
  Hunting Fees
Our Facilities
Photo Gallery
Downloads
Plan-Book Your Hunt
SwartBord
Online Directory
Links
Contact Us

This is where you can write comments about your hunting experience at GansPan,  ook oor enige insidente of enigeiets wat jy wil sê, where possible we will answer, or feel free to comment or answer anyone on anything, praat maar reguit maar neem maar in ag daar is jong mense wat ook hier besoek.

Skryf iets op die swartbord (Click here)

Dag manne, ek het onlangs vir my 'n nuwe Mathews gekoop, en wil my mathews Legacy verkoop. Die snaar is laas jaar vervang, en makeer niks. Die boog kom met 'n TruGlo 5 pin Sight met LED tech, drop down arrow rest, pyle, string wax, 3 scorpion mechanical broad heads(nog in pakkie) en jag stabalizer. IBO rating: 308 fps, 70lbs, en 29" Draw length. Kontak my gerus op mackenzie.neill@gmail.com of bel maar by 0832092302. R4000 onderhandelbaar. Ek is op die wesrand in Gauteng.  Neil
Dankie manne was baie lekker om julle daar te he, Martin ek hou van die manier wat jy se, min strooi....hehe.  Kom na GansPan waar jag opsioneel is.... :-) A.
Yes Anton ek stem verseker saam Peter, dis 'n great plaas en die naweek was super en jy is 'n angename mens, met min strooi, ek verstaan nou hoekom jag mens in die winter, want die hide's, is soos saunas in Sept, ek is happy met die vark en rooibok wat ek darem kon kry, vir al julle Boogjagters, en PH's wat nog nie op Ganspan gejag het nie ek sal die plaas ten sterkste aanbeveel. Groete Martin Graaff PH & OUTFITTER van ANYWHERE HUNTING SAFARIS  Martin
Wat 'n lekker naweek. Ons het probeer jag maar gelukkig was dit opsioneel. Bokke was maar traag maar die geselskap en voggies het opgemaak. Ek beveel die hand-pie aan vir almal. Lekker K%K maar ek het lekker opelyf gehad. Die olie daarop het ook gesorg dat niks in die keel vassteek nie...kon net vir twee dae nie praat nie. Anton...moerse dankie. Die manne het dit geniet. Allan is OK na sy "mishap" ...Wil mos met die manne se goed speel. Cheers tot volgende keer. Peter
Hi Danie wil net dankie se vir n wonderlike naweek en baie dankie vir die geleentheid dat my seun se eerste boogjag by julle kon wees en vir al die goeie raad wat jy so vrylik gee dit was wonderlik. vriendelike groete Wynand en seun Wynand
Peet baie geluk met ou groote hy was ook op my kort lys, dit was n baie mooi skoot en in geheel iets om op baie trots te wees. Weer eens baie geluk. Wynand

EK is skoon NAAAAAR van JALOESIE!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! well done! where did u hit him, from the pic it looks like a "perfect shot" kind regards Mike

Mike
Peet, jy is 'n blik#$*. Die eland was geboek vir die naweek, 11 Sep 2009 vir my en Wynand, boog ingestel, punte geslyp, die boog ponde op gestel en die boemerang pyle getoets. Ag wel ek gaan nie laat so 'n terug slag my naweek bederf nie daar is ander GROOT wild wat wag en om net vir 'n naweek op so 'n wonderlike jag plaas soos ganspan te wees ,maak op vir enige verlies. Welgedaan aan jou Peet. Dit is iets wat die res van die lewe met jou sal wees en wat die lewe die moete werd maak. Geniet dit jagters vriend. Arrie
Peet baie geluk met die prag Eland ek weet van baie manne wat se harte nou k#k gaan vreet my ingesluit die ou groote was op baie manne se kort lys nogmaals geluk  Marius
Hi Danie. Baie dankie vir n wonderlike naweek dit was weer eens great. Nic
Hi Jannie / Johan, is ek wat moet dankie se dit is mense soos julle (almal) wat die naweke vir my ook interresant maak, ons het self vreeslik lekker gekuier, sal dit hervat as julle weer kom.  Groepe soos julle is altyd welkom by ons.  Johan ek dink jy moet daardie snit patenteer, jy gaan geld maak soos Das k@k :-) A
Namens ons familie en vriende wil ons jou hartlik bedank vir ‘n fantastiese naweek op Ganspan. Almal stem saam dat dit ‘n uitsonderlike jagplaas en geriewe is en ons sal julle definitief weer kom besoek. Die naweek wat verby is was vir ons baie spesiaal en ons het verskriklik baie geleer by jou. Dis nie elke dag dat ‘n man en sy skoonpa op dieselfde plaas en in dieselfde naweek hulle eerste bokke met die boog skiet nie. Ongetwyfeld ‘n onvergeetlike naweek.  Julle gasvryheid en behulpsaamheid is onge-ewenaar. Ek jag al meers as 30 jaar met gewere en nog nooit het ek so iets beleef nie. Boogjag is amazing.  Ons sien vreeslik uit om julle in die toekoms weer te kom besoek.   Ek hoop ek kan eendag vir Luan (nou 2jaar) bring om sy bok te skiet. Die hele week voel dit of ek so stukkie van myself daar agtergelaat het.  Hou so aan julle is die beste.  Jannie
Het bitterlik lekker gekuier!!!! Die koedoe en vark was n bonus!!! Sal beslis weer kom...volgende keer bring ek vir anton n baadjie saam. o ja ek het nog n makliker manier van slag ontdek op dai plaas... Johan
Dankie vir julle Naas ek dink ons het almal 'n fees gehad, miskien moet jy maar volgende keer die melktert weer saambring, en die lusern en mielies by die huis los, ek is oortuig dit is jou melktert asem wat die diere ingelok het :-)  Goeie werk met die varke en die blou wildebees!!  Wat kan ek se Crimson Talon bo !!!! A
Ants en Danie - moerse dankie vir 'n great naweek- mens skiet nie sommer 3 mooi varke in een uur nie- maar ja met sulke goeie skootplasings wat kan ek se-die melktert vergadering was great -se ook dankie vir julle vrouens- ek dink almal het dit baie geniet - o ja ek kom die eland bul haal volgende keer-nogmals dankie namens my Sarel en Magda Naas
Hallo Manne, yup ek moet bieg lekker gekuier, julle is moerse lekker ouens en maak dit maklik om mee saam te speel :-) Ek sal die teikens ophê voor julle terug is, maak net seker julle kom weer met die boomerang punte :-) Anton
OOOooo GIDS (met 'n vormidabele hoof letter " F ") dit was een van die lekkerste naweke wat ek nog gehad het,wat jag naweke aanbetref en my eerste met boog. Ek is nou genees van geweer jag en gaan nou my boog aanskaf. Kan nie wag vir September nie. Arrie
Gids dit was lekke, Anton wil net se dit was lekke en kan nie wag om weer te kom nie dit was anders en moet nie vergeet om die teikens op die rooibokke te maak nie. n jag naweek sonder gelyke. Wynand
Oom Danie baie dankie vir die naweek, ek kan nie wag om weer te kom skiet nie, sal dan die groot een laat val.  Kan nie wag vir oom se oproep, vir die volgende keer nie, laat weet Asb Baie Dankie.  Bertus
Oom danie, baie dankie vir n ongelooflike ondervinding.daardie eerste dier met n boog kan nie beskryf word nie. dit moet self ervaar word. dankie dat oom-hulle my daardie geleentheid gegee het. ook vir die gasvryheid wat ons daar ontvang het. ons wens die tyd om dat ons weer daar n draai kan kom maak.almal wat saam was wil net vir oom-hulle se, dit was puik. anton, hoop om jou ook gou daar raak te loop met jou lekker stories. ganspan is great.  Stephan & Bertus
Hi Mike, I am glad you enjoyed the Bushveld Sushi as much as we enjoyed your visit. We are looking foreward to your next hunt.  Danie

Thank's to all of you at Ganspan for a really fun weekend. Danie baie dankie vir die snacks you so willingly and heartfelt supplied for the rugby, you have al lot of knowlage about bow hunting but i am afraid you have no clue about cooking!!! that liver was RAW!!!!! Aidan is still ripping me of about throwing up. you guys have a Unique nack of making you're patrons feel welcome. if i can find an opening we will DEFFINATELY BE BACK, EVEN IF ITS JUST FOR YOU'RE REGTE SUID AFRIKAANERS GASVREIHEID p.s. dont check my afrikaans spelling i know it's really bad

Mike 
Hi Victor, Thnx Great having u guys there, i have somin for you, please send me your address for delivery to my email anton@cn.co.za Anton
Well done Anton and Danie! Waht a great weekend we had at your farm. Good accomodation, good hides and GREAT pigs! We will be back! Victor
Dagsê aan al die boogjagters. Aan Anton en Mike thanx vir die inligting, ek is nou meer gerus oor die storie, to Mike, according to your explanation, I can with confidence use the theory of Pythagoras? of course with a bit of manipulation Ernie

Manne Dries van Inx het die gestuur ek dink alle twyfel sal nou uit die weg geruim wees, video vat lank om te laai maar kyk maar die ou maak sin http://www.bowtube.com/media/240/Steep_Shots/ 

 Anton
You can buy a rangefinder that gives you the correct horizontal range, it is not about how high you are but how far you are from the target on the “horizontal” plain, gravity is a constant so the most important piece of info is the distance from the base of what you are shooting from to the target. For example if the base to the target is 30 yards and you at the top are at 40 yards by line of sight, you would not use you’re 40 yard pin but would use the 30 yard  as this is the relevant distance not the distance added by the fact that you are now elevated.   I have heard from some of my mates that do like to shoot from elevated hides that they range a couple of trees etc. from the base before they climb into the hide so as to know the horizontal distances. That is the simplest definition that one can give. If Ernie would like to know the mathematical explanation I would be glad to send it to him.  Mike
Manne as daar iemand is wat ons kan uithelp hiermee sal dit waardeer word Anton
Hallo Anton, dankie vir jou terugvoering aangaande die shot placement vanaf n elevated hide. Jong ek is baie skepties aangaande hierdie issue.  Ek glo hierdie is nogals n baie belangrike punt om te weet vir enige boogskut wanneer hy in n elevated hide gaan sit Ernie
Hallo Ernie, ek skiet so 1 cm, en miskien nog bietjie laer ,gevind dit werk vir my, die slim mense verklaar die afwyking soos volg The real reason for the difference in point of impact is change (decrease) in angle between gravity and arrow direction of forward travel.” Anton
Ek soek asb inligting oor die plasing van skote wanneer mens uit "elevated hides" skiet Ernie
Hey daar Benre, julle is skaars, alles mooi opdie plaas gras nog baie hoog, nog baie kos vir die diere (almal spekvet) in die veld maar ek sien dit raak nou darem minder, dam raak ook nou leeg ander dam reeds droog, daar is so speelnaweek of twee beskikbaar as julle verveeld raak:-)  A
hey anton!!!!hoe gaan dit nou??? ek sien hul het een van my varke geskiet!!!mooi varkie daai!!! kani wag tot ons weer kom nie!!! hoe lyk die wild, plaas ? wanneer nutting ons 'n versie?  benre
Hi Daar Gerhardt dankie, sal laat weet (ons het nog jou baadjie)  A
Anton, wat n great plek....alles op sy plek en alles in plek. THX vir n great naweek. Laat weet as jy n plekkie het!!  Gerhardt
Ek hoop nie so nie, as hy het sou ek hom verwurg het :-)  A
Ants Ek neem aan die tarentaal lewe nog  Naas
Hey there, Mark is was great to have u, u are a great bunch of guys, book much later next year :-)  A
Anton and Danie thanks for a great weekend it was a pleasure to hunt. All the guys enjoyed it and we will be back again.  Mark
Dankie Naas goeie idee, ek sommer reeds gedoen, check net of dit verander is waar jy gesien het, ek is mooi geskape nie slim nie en kon dalk een gemis het :-)  A
Ants - net 'n voorstel - kan jy nie die hides 'n meer descriptive benaming gee nie - veral vir die manne wat al daar was - dit kan baie help om te besluit in watter hide ek graag sou wou sit - instede van no1,2 ens   Naas
Dankie Wikus, waardeer opreg, ek sal maar my renoster jassie moet aantrek as julle ouens kom, ek kan sien ons gaan speel laat,IETS bewe :-) PS - Kyk bietjie onder die nuwe Gallery (Ai-Ai) daardie wit en swart foto van jou sal mooi vergroot so A4 of A3, en blok op wit agtergrond met swart raam, sal regtig nice lyk, as jy later wil doen laat my weet dat ek jou die high res image gee.  A 
Anton baie dankie vir great naweek.Dit was n fees en julle is moerse ouens jy en Danie is n span duisend. Ek sien uit om te kom jag op ganspan. Wikus
Hallo Bertus, dit was een groot plesier, as jy so raak kan skiet met die boog soos hy was, dink ek jy sal die vlerk van 'n vlieg kan afskiet, sien julle een van die dae   D
Ek wil net vir Anton en Oom Danie baie dankie se vir die naweek.  Dit was een van my beste, naweke wat ek al gehad het.  Dankie vir die hulp met my boog, hy sal reg wees met nuwe snaar as ek kom jag.  Baie Dankie  Bertus
Plesier Naas, moenie dink jou still stemmige manier gaan jou volgende jaar help nie, ons weet nou jy kan skiet so jy sal maar met -10 begin  A
Thanks vir 'n great naweek wat goed georganiseer was  Naas
Hallo Stephan, dit was 'n plesier om julle daar te he,  Dankie dat jy die vleis vir ons gebraai het Vrydag aand.  Danie gese ek moet jou se laat Bertus, nuwe snaar opsit en laat hulle sy peep mooi moet beplan, asook die angle van die pyl....As julle daar is sal ons weer sessie hou en moontlike fine tuning doen,  A

Wat n fantastiese naweek. was my eerste maar nie my laaste. wil net vir oom danie se dankie vir die hulp met bertus se boog.anton ,jy is n regte sports. dankie vir die crimsons.daai handpie was so lekker ek het nou nog n spastiese dikderm. dankie ouens, sien julle mei maand.

 Stephan
Plesier Herman weereens dankie vir jou, hulp die naweek soos altyd was jy 'n staatmaker  A.
Baas Danie en Dai baas Anton. Ek het hom gelaaik by die nabeek. Ek se banja dankie my kroone. Ook net daai ander baas Naas, mar hys nie van die rugby se baas naas nie.Hy kan hon die lekor saap braai. Dankie ook aan almal dit was een van die beter tye  Herman
Elo Marius, bly jy het geniet altyd treat om jou op Ganspan te sien :-)  A
Wil net weer dankie se vir die naweek, dit was Great !  Marius
Dit was net 'n plesier bly julle kon dit maak, check bietjie die fotos, kom wen net minder pryse volgende keer, is maar seer om pakslae te kry by iemand wat nie geleer het om te eet nie :-)  Fotos  A
anton en oom danie, baie baie dankie dat ons die naweek ons gate kon uitgeniet op jul plaas!!! lanklaas so baie pret op 'n jagplaas gehad sonder om te jag!!!! jul gasvryheid is unbelievable!!!., onthou ons booking asb!!!  Benre
Hehe good to hear, if you like them believe me the Talons will amaze u, i have many guys sending letters about the pin point accuracy of the VENOMS, however i personally find the Talons to be the most, but the technology works the same so they should all be straight flyers.  Only issue with a cut on impact blade is damaged when it hits on the other side (not the animal) but the dirt many, many meters other side of the animal :-)  But them again for a quick kill, less tracking in the Bushveld heat, i will sacrafice 2 broadheads per animal :-) Cheers A.
I didnt beleive it on looking at them but Damn these Viper Venom broad heads do fly straight, didn't have to tune my bow at all. thank's again for a truly memorable weekend. kind regards, Mike Mike
No prob Mike was nice meeting u guys, yup it was fun, next year we will find even more interesting ways to entertain :-)  Check out photos are being loaded from a slow link, but should be on by tomorrow .  thnx again for your contribution to the prizes. Cheers  A
Thanks for a great weekend, we havn't had so much fun in ages, and just for the record the Viper Venom's flew dead right thanks again  Mike

hallo daar, ek dink gaan na die boogwinkel en draai een stinke op hulle stoep, die ou wat kan bewys dat montec dieselfde trek as fieldpoint gee ek persoonlik 'n datsun bakkie persent :-), skiet MAAR IN MET HULLE,of beter laai field points ons laat dit toe Cheers

 A
anton, wil net graag weet, het vir die eerste keer die naweek met broadheads geskiet. montec 100gram pnte. die boogwinkel se dat hulle dieselfde as 100gram fieldpoint sal trek, maar ek vind dat hulle bly tussen 10 en 20cm drop. is daar punte wat naastenby dieselfde skiet? ek is nog dom met my boog, wil nie elke keer stel nie. dankie jong.  Stefan
Hallo Wessel, Jammer oor die tyd, (ek het vergeet) ek het vir jou twee links gekry wat baie deeglik is ek het die content local gedownload, maar jy kan click op hulle links en gaan lees, volg die links en enjoy, tweede een is baie lank, die ouens het baie moeite gedoen:-)Broadhead comparison 1, Broadhead comparison 2  A
Daar is goeie nuus, jou boog is een van die beste en jy sal nie jammer wees jy het hom nie, nie vir 'n baie lang tyd. En as jy dan opgradeer is Matthews die regte keuse :-)  Wat die review van die broadheads betref , gee my so dag of wat dan kry ek vir jou een op die web wat jou meer keuses sal gee, Fixed broadheads is definitief, die beter keuse as jy volle slaankrag en penetrasie soek.  Nitron word aanbeveel omdat dit maklik is en trek soos field point ,jy is reg, skade aanrig ook omtrent dieselfde as fieldpoint as jy my vra :-) Ek verkies om in te skiet met my jagpunte, ek moet elk geval instel omdat ek my boog op 70stel, aangesien ek dit in die af seisoen, en tussen jagnaweke, afstel na 60 of 55 om lekker te oefen en te skiet.  Laat my weet as jy nie regkom met die Talons nie laat ek jou gee, probeer maar en kyk wat jy dink.
Hi Anton, dankie vir jou reply! Ek moet bieg dat die broadhead keuse my so deurmekaar het soos toe ek oorspronklik my boog gekoop het (Ek het nou 'n Switchback XT). Meeste boogwinkels in Pta stel om een of ander rede mechanicals voor - wat volgens my op die meeste 'n paar verstelling op jou boog kos, maar bied baie minder risiko tydens die jag. Goed, nou dring ek aan op fixed blades, en die boogwinkels stel dan Nitrons voor omdat dit dieselle trek as jou oefen punte - alhoewel ek nou net aan hulle verduidelik het dat ek bok-skade wil maksimiseer ten spyte van die verstellings wa ek moet maak op my boog!! Nie te min, ek het gekyk na daai Crimson Talons en dit lyk gaaf - ek is oppad om dit te koop! DANKIE! PS: Ek is steeds op soek na 'n objektiewe review/toets oor al die broadheads daar buite - iemand wat bereid is om te bewys hoekom sekere punte goed is en ander nie.  Wessel
Hallo Wessel, kyk op die bladsy so twaalfde van onder het ons dit in detail verduidelik.  Meeste van die broadheads is baie effektief, ons hou maar daarvan as die sny diameter groot as moontlik is, (steek iemand met 2 duim pyp of steek hom met passer punt en kyk watter een is die seerste:-)) Jong as dit by broadheads kom gebruik ons net Crimson Talons, party mense like dit ander nie, wat wel die waarheid is die goed rig meer skade aan as enige ander punt as gevolg van die feit dat die lemme gedraai is, en dit 'n silindriese snit in dier maak.  Gaan lees gerus oor die tegnologie www.broadheads.co.za  Anton
Ek sien julle wil nie hê ouens moet met Nitrons jag nie - wil maar net weet wat jul rede is? Ek is in die mark vir 'n stel broadheads - kan jy iets voorstel?  Wessel
Hallo Andre, varke was baie taai ek moet se die ouens het baie varke verloor die seisoen, daar was natuurlik paar grotes gewees sien ons het die web uitleg verander en die fotos is oorgeskryf maar ek kon darem die een kry http://www.sabowhunter.co.za/gallery_client/view/322 A
Goeie dag ek sal graag by jul wil kom jag!!!wil net weet het julle enige mooi varke geskiet in die 2008 seisoen? grootste? dankie andre
Willie dankie vir die navraag, die Rowland Ward lengte: 10.49 cm (4 1/8 ") Rowland Ward Record Length. : 6 3/8". nie seker of dit gedoen is met boog nie.  Volg die link vir verdere inligting Klipspringer  A
Minimum lengte vir in Klipspringer ? Plus wat is die langste wat al geneem is met in boog ? {telefoniese gesprek vewys } Baie dankie]  Willie
Dankie vir die kompliment, ons jag al baie jare by baie plase en doen net wat ons gemis het by ander plekke, hopelik tel almal op en sal ons binnekort dieselfde oral beleef.....Groete  A
wil net vir julle se, het na n klomp s.a. boogjag websites gekyk. julle sin is die enigste een wat kook. julle site het warmte en n persoonlike touch wat nie een ander site het nie. hou daarvan, bly altyd so passievol oor wat julle doen. mooi so, manne. Stephan
Dankie Stephan, jy is welkom daar, ons het geen program om enigeiemand te entertain nie, die geaardhede van die mense wat kom, stuur dinge maar in 'n rigting, dan klim ons op die bussie :-) en gooi resources in die saak, en kyk waar dit ons heen vat, eindig ma gewoonlik by 'n jol :-)  A
Julle manne het pragtige rooibok-ramme op julle plaas.van die mooistes wat ek nog gesien het. sal graag vir julle wil kom kuier om n paar rooibokke te skiet. klink vir my so n trip kan nogal lekker raak as ek so na die ander manne se briewe kyk.  Stephan
Julle seker gesien het die reen het vroeg gekom en die plaas lyk baie mooi, 3 weke na die eerste reen is die plek groen, paar bome sal seker langer vat maar ons sal volgende seisoen 100% reg wees vir jag ! Reen  D
Ja, dankie vir die steun, is maar baie ongerieflik, hopelik kom die veld beter uit daarna, Geen wild sover nog nie, so groot area gebrand ons sal deker nooit seker wees nie.  Maar ek dink ons was baie gelukkig in daardie sin.  Maar soos jy se wag vir die reen dan lewe die veld weer binnekort. Groete  A
Anton, Sleg van die plaas. Lelik gebrand!! Het julle baie/al die wild verloor. Het die hides ook skade. Sterkte daar. Kan maar net wag vir die reen  AB
Hallo Dewald Ek het vir jou 3 weergawes geplaas, twee kortes en een lange gaan maar deur die basiese idee is dieselfde, met mechanicals behoort jy op dieselfde plek te skiet maar dit maak maar sin om te toets, broadheads skiet gewoonlik nie op dieselfde plek maak nie saak hoeveel jy stel nie die enigste wat ek nog gevind het is die Crimson Talon.  Anyway hier is die link  http://www.sabowhunter.co.za/static_client/show?page_id=107  A
Waar kan ek info kry oor,om my boog te stel sodat my oefen punt en die Jagpunt presies op diesefde plek skiet( Paper tuining).  Dewald
Lets not cancel just yet, let us see what the rain does, i will attempt to fix the area around the camp and water manually to see if we can get that looking better, knowing us lot we will propably not leave the camp too often anyway :-)  So although on ice for now, give me some time to check i will inform you well in advance if we have managed to make so we can go play.  A
Good Day Mr De Jager. All I can say is HOLY SHIT....That fir e looked extremley bad! Grant e-mailed me to tell me about it, so with that how much game could you save if any at all? Its such a pitty because we were looking so forward to the week end on your AMAZING farm and the drinking in the awesome jacuzzi.....So I take it the week end will no longer happen? anyway keep well Mnr and all the best with re buliding your dream venue.  Martin
Dankie Marius, ja dit lyk nie mooi nie daar is darem areas wat nie so plat gebrand is nie, ons wag nou mar in spanning vir die reen, ek is seker dit sal mooier lyk as die eerste groot reens geval het, ons sou hierdie jaar bietjie gebrand het, om die bos te reshape dis nou maar vir ons gedoen, ons hoop dit kom mooi uit  A
F@ tjom nou net na die brand foto's gekyk en sommer so knop in my keel gekry en dis nie eers my plaas nie wat sê n mens sorry f@k ek weet nie rerig wat om te sê nie net ek voel saam met jou die veld sal weer groei maar al die bome wat vernietig is en van die diere wat dit nie gemaak het nie ek skiet hulle eerder met die boog as om te sien hoe hulle moes verbrand het maar sterkte sê as daar iets is waarmee ons kan help as dit in ons vermoëns is om te help sal ons STERKTE  Marius
Man die enigste probleem wat ek het is dat ek nie wou huis toe kom nie. Alles was net perfek en ek kon vir niks beter gevra het nie. Dankie dit was super lekker.  Andre
Jou ou pittige mannetjie ons noem jou sommer mielie  Marius
Yup, is waar baas.  Daar was so gekerm, dat die kragte van bo selfs volle maansverduistering gestuur het, iets wat nie weer gaan gebeur tot ons weer 'n wit regering het nie, dit net alles sodat Marius, ook iets  kan skiet :-)  Volg die link  Dit was in die begin daarvan, en het twee ure geduur om die maan toe te maak, geen verder fotos nie omdat ek nie meer die kamera kon stil hou om te fokus nie :-) lol :-) http://www.sabowhunter.co.za/gallery_client/view/405  A
Dagsê Benre baie dankie man het hom ook eers sondag oggend geskiet en dit na ons al van woensdag daar was jy sien mos wat skryf Anton kom na ganspan waar jag soms opsioneel is F@kk#t moes jy nou vra oor die pantser varke dis n teer sakie ek probeer dit nog verwerk hehe.Die handpie loop mooi op die tong was eers bietjie skugter toe Anton die goed in my hand begin gooi maar moet sê dit was lekker of ek was getrek,maar soos jy kan sien was die kuier bef@k want gadgetboy loop mos pal met die kamera rond jy kan nie jou gat draai nie dan neem hy foto's Laat goed gaan met julle en laat die pyle fluit Cheers  Marius
more marius, baie geluk met jou mooi rooibok, dit klink of jul dit baie geniet het!!en wat dink jy van my en anton se handpie".....lekker dag !!!en het die gepantserde varke darem ingekom?  Benre
Hallo Manne, baie dankie vir julle kuiertjie daar, soos altyd 'n absolute eer om julle daar te he.  Dit was darem waaragtig prettig gewees.  Al wat ek kan se is, kom na GansPan waar jag, soms opsioneel is :-)  A.
Hallo Gadgetboy lekker kuier is n under statement dit was F@#$%N lekker en ons wou nie pak nie met die terug ry kon Bravo 7&8 nie uitgepraat raak nie ek moes eers my mond was voor die familie my soen groet maar weereens baie dankie vir jou tyd en moeite en leopard crawl en "Hannes" en "Hend-drie" voel dieselfde. Thanks  Marius
Hi Lindie, ek hoop die manne het lekker gekuier, ek moet se dit is 'n plesier om die klomp daar te he, ons het soos konings ge eet en hulle is groot pret.  A
Hallo Anton, Jong 'n plaasboer se wins kom uit verblyf en nie uit die diere nie, so ons kan van tyd tot tyd so iets reel maar omdat die ander boere nie geld maak uit die verblyf nie maak hulle, hulle wildspryse baie duur.  Jy is welkom om familie te bring maar wat jag betref gaan jy sukkel omdat die plaas se ontwerp is om 4 jagters ten alle tye daar te he, en met net een jagter in die hide met so baie water is jou kanse nie baie goed nie, ek stel voor jy praat jou pelle oor om oor te skakel na boog.  Jy weet tog hulle sal een of ander tyd :-)  Ander opsie is om saam ouens te gaan wat self nie die kamp kan volmaak nie, weet nie of jy oop is daarvoor nie.  Anton
Dit lyk of die manne lekker kuier, hoop hulle bring biltong huis toe.  Lindie
Hi daar, Ek het 'n probleem om genoeg boogjagters te kry om saam met my te bespreek aangesien ek nou nog die enigste van my vriende is wat VERSOT geraak het op die sport. Is dit dalk moontlik dat hulle ook by julle kan tuisgaan, maar dalk op 'n plaas daar naby met gewere kan jag? Andersins sal ek 'n plan moet maak en die familie (wat nie jag nie) saam te vat. Ek's bang hulle raak dalk verveeld as ek heeldag in die veld is. Enige voorstelle?  AntonVr
Benre nee kyk ek hou al klaar van die manier waarop jy dink n versie moet daar gevat word by ganspan gemeente, f@k dis n mooi ram wat jy geskiet het ons gaan nou more ganspan toe tot sondag en ek hoop ons kry ook so gelukkie sal moet praat met die hoof ouderling van ganspan lyk my die man praat uit, Groetnis  Marius
marius, baie baie dankie, ek waardeer jou boodskappie!!ken jou nog nie maar soos anton my vertel sal ek en jy goed oor die weg kom!sal moet 'n vers... saam nuttig!!!op ganspan!  Benre
Anton baie dankie vir die brokkie nuus daar uit hollyganswood uit ek wil dan ook net vir Benre en Nienke baie geluk wens met die verlowing ek ken julle nie persoonlik nie maar n foto vertel baie julle lyk na n gelukkige paartjie en ek wens julle alle geluk en voorspoed toe God Seën  Marius
Anton ek wil net baie baie baie dankie se vir 'n lekker naweek !!!ons het die baie geniet en lekker geskiet en lekker gekuier !!! kanie wag vir ons volgende keer nie!  Benre Nienke
Hallo Arrie. Hier fotos van Bosbok en waterbok manne.  Volg die links. http://www.sabowhunter.co.za/gallery_client/view/329  http://www.sabowhunter.co.za/gallery_client/view/351  Anton
Hannes, dit was 'n vooreg om julle op die plaas te he, boogjag het nodig om jong bloed soos julle te ontmoet.  Danie
Baie dankie vir n leke jag kom beslis weer dat ons dai panser varke kan plat trek dankie OOM Danie vir al oom se moeite oom is tops  Hannes
Hallo Carl, dankie vir julle ondersteuning was lekker om julle te hier he, ek hoop julle het al die diere geskiet wat julle wou, ek dink ons sal saam stem oor drie dinge.  Danie se hare is GRYS, Ons houte KAN spoorsny en ons varke is TAAI :-)  Cheers  A
Baie dankie vir 'n baie leker naweek.Ons sal beslis weer 'n draai by julle kom maak. :)  Carl
Elo Gerhard, yup natuurlik het ons, jy sal dit vind onder resepte, daar is verkeie links na dit, ek gee een, onder hunting fees net onder geskiedkundige pryse is een "Resepte" , of volg die direkte link.     Resepte  A
More GansPan. ek gewonder of julle nie paar goeie resepte het vir die voorbereiding van Wildsvleis nie?  Gerhard
snaaksighede:  anton jy sê jy rou binne seker jou aambeie wat brand elke keer as jy jou h@l skeer as jy na andries se foto kyk.en ou andries jy praat seker nou so half met n aksent of soos n ou wat gesuip is sal maar draaie stap om anton ander week as ons ganspan toe gaan maar nou weer elke sport het maar sy beserings groetnis  Marius
Andries alhoewel ek baie lag daaroor en nie na jou kan kyk sonder om dit te verloor nie is ek in werklikheid baie jammer, en iewers in my rou iets :-) Hier is die Eland  http://www.sabowhunter.co.za/gallery_client/view/306 die foto veral mooi ...hehe http://www.sabowhunter.co.za/gallery_client/view/309  A.
Wie het sulke vriende nodig, ons noem hulle Tong Stampers, hehehe, Karel baie geluk met die Eland wat jy plat getrek het,kan nie wag om die pic te sien nie.  Andries
Ek het begin om Benre se idee toe te pas check bietjie van tyd tot tyd onthou nou om onder die hides te gaan kyk.  A
Hannes nog net een klein kolletjie by die middel hide, wat ons nog aan werk , maar dit maak nie saak nie vir die eerste keer in baie lank is daar weer jagters, gister gekom, en gister en vandag Eland, varke en rooibok geskiet. So dit is nie meer probleem nie ek kan egter nie sien dat daar nog gaan water wees as julle kom nie.  Anton
Hello Anton ek wil net weet of die water in die bos al op is, sien jou binne kort  Hannes
Hallo Arrie.... Nee hy is nog daar hom die naweek gesien, ek het weer die kameras na afwesigheid van 2 maande gestel so daar sal nou baie nuwe fotos bykom, ons sien die Bosbokke daar, baie,  maar om een of ander rede nie fotos nie ek neem maar aan daar was baie water in die veld en hulle het elders gedrink asook die Waterbokke, daar is spesifiek een GROOT waterbok bul.  Kudu's hemel alleen weet waar hulle gesuip het tot nou, toe maar soos ek gese het al die gate het nou kameras op, ons sal hule nou optel.  Anton
Manne, Is hierdie Eland nie al geskiet nie? Ek het so iets op n tyd gehoor. Kon dalk 1 van die werkers gewees het. Kan jy dalk biki foto's laai van die ander diere wat ook inkom. Soek iets anders vir myself. Kudu, Bosbok, Waterbok. Sien hulle is op prylys maar niks foto's nie. Dead or Alive! Dankie. Sal site dophou  Arrie
Hallo Stefan ja hulle is lekker vet, die jaar nog nie baie geskiet nie, ek sal die naweek praat met hulle, en hulle geestelik voorberei om die tydelike met die ewigheid te verwissel.  Ons sal nietemin seker maak ons plaas jou  by die regte gat  http://www.sabowhunter.co.za/gallery_client/view/283  Anton
Hi daar Anton. Hoop daai bloubeeste is groot, op foto's lyk hul mooi. Sal graag 1 wil plat trek as ons die 8ste Aug kom. Mooi bly!  Stefan

martin sh!t boet what you doing in the middle of the atlantic ocean you should be in the middle of ganspan a lot of annimals need to be rescued before the drought sets in i'm glad to see you joined the ganspan congregation and gave as your testemonial on swart face book bord keep well and save out there on the blue waters cheers

 Marius

Hehe thnx Martin, thnx for u'r contribution.  I must admit, that is one of the trips i will not forget anytime soon, i will not elaborate at all, maybe our other visitors should just look at one or two of the decent pics to calculate the potential for trouble :-) All i am going to say is, "What happens at Ganspan stays at Ganspan :-)http://www.sabowhunter.co.za/gallery_client/view/184  http://www.sabowhunter.co.za/gallery_client/view/183  

 Anton
Hey there Guys. A hearty hello from the middle of the atlantic ocean. I just wana say that Ganspan Safaris is one of the most amazing places that us F1 Rescue team have been to...Anton you and your brother have an awesome venue.....I will anyday refer Ganspan Safaris to any one that wants to go hunting.....or party off-course.  There is no word in this world to explan how fantastic the trip was.....GANSPAN SAFARIS IS CHAMPION. There is nothing negative about the farm only POSITIVE. Well Done Anton and many Thanks...We will be back. Cheers  Martin J
dis heeltemal reg wat jy daar sê andré dinge werk anders daar dis hoekom ons wat daar was kan getuig, weet julle wat die ander ouens wat daar was moet ook vir ons laat weet hoe dit daar was vir hulle dan noem ons dit die ganspan gemeente so kom broeders laat ons van julle getuignis hoor, ek hoop nie my vrou lees nou weer hier nie dan sê sy weer ek spot maar ek doen nie dis net n jagters gemeente. F#k anton jou swart bord gaan amper begin lyk na face boek maar ons kan nie almal gelyk by ganspan gemeente uitkom nie so ons getuig maar oor die swart face boek bord groetnis en lekker jag/kuier/eet/drink daar op ganspan en mag die gemeente groei  Marius
Terwyl daar nou getuig word, gaan ek ook maar iets noem, Frik hulle doen dinge definitief anders daar, behalwe dat ek vir die eerste keer in 'n hide my banksake gedoen het oor die internet, terwyl ek wag vir 'n bok.  Op skerm gesit en kyk het wat by my maat se gat aangaan.  Was daar ook  die berugte middernag trips die donkerte in.  Sjoe hoe ril ek nou weer :-):-):-):-)  Wat ek hou van hulle setup is, hulle los jou om alleen te kuier maar as jy hulle kry om saam te kuier.................O Aarde......Oppas !!!  Andre
yes benre ek sekondeer jou voorstel aan anton dan kan ons bekke lekker kweil oor die wild wat by die hides ingekom het en geskiet is as jy voor die 14de aug gaan los maar daai ma se eland vir ons koedoe groete  Marius
Blink Plan, Benre ek sal probeer om die current goed te convert en van nou af so administreer,  Anton
1. gee elke hide 'n naam (ek weet van danie se hide en anton se hide, maar wat dalk kan werk is om die hide waar groot varke geskiet word, kolobe te noem ens. dit sluit dan aan by die pics from the hide, dat jul aanheg by elke foto watter hide dit uit geneem is. dit maak dit lekker vir die jagter voor hy kom jag dat hy lekkerrrrrr opgewonde raak en 'n goeie idee het wat waar kom (weet als kom maar orals maar net 'n idee.)dan kan jul dalk 'n aparte gallery vir elke hide hou. 2. fotos opsit (met datums) van die jagters wat daar was die naweek (onlangs as jul kan) dit maak dit lekkerrrrr vir my as jagter wat weet my beurt kom amper en sien die ou het 'n dit of dat platgetrek (uit x of y hide)laas naweek.. anton dis maar my 4000 miljoen zim dollars bydrae....  Benre
Hallo Frik - ja moet getuig oor die varke die laaste oggend toe ek en swaar in ant hide gesit het,het daar so 80 meter van ons af agter die bome n vark verby beweeg en ons moes vinnig die verkyker gruip om seker te maak dis n vark wat eers na iets baie groter gelyk het met die blote oog ja nee frik daar is senior VARKE as n vark se rug eers bo die gras uitsteek en die gras was lank dan moet jy weet maar gaan besoek hulle gerus as jy nie jou vark kry nie gaan jy tenminste f@k#n lekker kuier of skiet iets anders kyk net na die foto's daar loop groot goed rond voel of n ou in texas is  Marius

Hallo Frik, Dankie vir die kompliment, ons probeer maar die site so interresant moontlik maak, kyk maar gerus as jy dink ons kan iets verbeter en laat weet.  Die plaas is regtig lekker, ons doen dinge bietjie anders daar maar kom kuier gerus jy sal sien.  Varke is gewoonlik in oorvloed, omdat die manne om ons skiet met gewere vlug die varke na ons, hoor maar by die manne wat laasjaar daar was.  Laasweek ry ek en sien toe kudu le in die bos ek was bekommerd en stop, dit was nie kudu nie dit was VARK, grootste wat ek nog gesien het, dis verseker.  Die manne het al lekker grotes geskiet, hoop 'n reus loop voor jou verby as jy kom kuier.  http://www.sabowhunter.co.za/gallery_client/view/12 volg die link, die groter enes lyk omtrent so met hier en daar een wat groter is.  Almal word oor naweke geskiet maar jy het beter kans oor naweek om baie laat in die seisoen te kom.

 Anton
Ek wil jul net gelukwens met 'n baie nice wildsplaas en website!!!het nog nie by jul kom jag nie maar sal graag wil volgende jaar!!!wou net hoor of jul redelik baie varke het? en dink jy ek sal 'n groot beer geskiet gekry oor 'n naweek?ek sal graag so 'n grote ene wil sit in my sitkamer?watter jy al daar raakgeloop?geskiet?  Frik
Hallo, Wynand, Rede soos volg : Van die 13 bokke wat gekwes was op die plaas, was 9 van hulle is met Nitron gewees.  Dit is nie werklik ek wat teen die Nitrons is nie dis maar die statistiek wat praat. Ek het al baie groot diere sien afgaan (met Nitrons) binne kort afstand, as die jagter 'n goeie skootplasing het, maar as die skootplasing nie goed was nie is die diere geneig om weg te kom omdat die punt net eenvouding nie genoeg skade aanrig nie.  Nou hiermee se ek gladnie dat jy nie die perfekte skoot gaan plaas nie :-) Dit is maar net om die ouens te beskerm en so ver moontlik seker te maak almal volle waarde vir hule geld kry. (either dit of ek probeer keer dat jy my met my pens laat spoorsny vir ure :-) As jy reeds investeer het in Nitrons vir die jag, sal ek dit kosteloos uitruil met iets waarmee jy gemaklik is.  Indien ek nie regkry om jou gemaklik te laat voel met dit wat ons het nie, sal ons jou toelaat met die Nitrons. Anton
Wat is die storie met geen Nitrons op die plaas nie ?  Net Nuuskierig - ek skiet Nitrons. Wynand 
Sorry man ek sal nie weer fouteer nie sal regmaak met versie as ek julle weer sien  Anton
Dankie dit was M$#r lekker gewees, julle setup is puik net jammer Anton wou nie die bokke vasmaak by die hides nie Marius
Vra my ek was langs hom....skrikwekkend gewees ...lol  Anton
Barry Marx is 'n kampioen kwester :-) Die baksteen in hide twee is nog steeds skrikkering vir hom. Ek
GansPan dit is seker die beste jagnaweek wat ek nog gehad het.  Van Zyls
Julle boskamp is tops, dankie vir die kombuis, spitbraai en spa bad wat bygekom het.  Jonker
Martin we should say thank you ----for what you brought to the farm or should i say into the SPA pool :-)  Anton
Thnx for an amazing hunt.  Martin
Gary, u guys are a real fun bunch, please feel free to come back anytime !!!   Anton
U Guys are the best.  Gary
Dankie vir lekker naweek, ons kom beslis weer. <font size="2&q
Copyright ©2005 - Ganspan Safaris - All Rights Reserved